Zuma was in hospitaal

Die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, wat voor die Zondo Kommissie moes verskyn, is die naweek uit die hospitaal ontslaan en sal eers later sy verskyning maak om verder te getuig.

Zuma word nog steeds vir ondervraging oor Staatskaping geteiken deur die Kommissie, maar Zuma het glo die menige ondersteuners bedank vir hulle betrokkenheid tydens “die moeilike siekte tydperk”.

Waarnemers wys daarop dat die moontlikheid bestaan dat hy nou reeds as ’n “baie sieklike mens” gesien moet word, sodat hy ook soos sy vriend, Shaik, vroeg op parool kan uitkom as tronkstraf sy voorland is, om dan ook vir jare daarna, gelukkig buite die tronk te leef.

Benewens die wapenskandaal, is daar nog die Staatskaping skandaal, en die Hanekom hofsaak se bevel, wat alles nog op sy politieke brood gesmeer word.

Geen aanduiding is gegee oor wat die rede vir sy hospitalisasie is nie, maar Zuma het dit beskryf as ’n “moeilike tyd”.