Zuma probeer weer tralies vermy

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het nou blykbaar sy laaste poging begin om die korrupsie aanklag teen hom te vermy.

Zuma se regsverteenwoordigers is besig om argumente op te stel vir ’n aansoek om die Appèlhof te nader met die doel om vervolging te vermy.

Die optrede kom nadat Zuma se vorige aansoek om die beskuldigings permanent van die vervolgings lys te skrap deur die Hooggeregshof in Pietermaritzburg summier van die hand gewys is.

Zuma staan steeds op aanklag van korrupsie in verband met die sogenaamde Wapen Skandaal en nou wil hy poog om by die Appèlhof ’n beslissing te kry dat vervolging gestaak moet word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het egter besluit om Zuma se laaste poging om die tronk vry te spring, teen te staan in die Appèlhof.

Doe Vervolgers sê hulle saak is goed geformuleer in hofstukke, en die saak wat nou reeds 14 jaar sloer, behoort in 2020 gefinaliseer te word.