Zuma is siek, of hoe?

’n Klomp redes kan aangevoer word waarom die voormalige president van die ANC nou skielik siek is, en een daarvan is dat sy kanse om vry te kom van die tralies, word al minder.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder in Pretoria nadat die regsverteenwoordiger van Jacob Zuma die Zondo Kommissie in kennis gestel het dat Zuma volgende week se verhoor nie kan bywoon nie, “want hy sal siek wees”.

Waarnemers wys daarop die baie goeie gesondheidstoestand van Schabir Shaik ook misbruik was om hom uit die tronk te kry, wat nou dalk die oud-president ’n nuwe plan laat kry het.

Die Zuma kamp word redelik algemeen beskou as ’n groep wat die kuns verstaan om skuldig bevinding uit te stel, want die Kommissie het bevestig dat sy getuienis weer op ’n later stadium aangehoor sal word – dit is te sê as die man ooit weer gesond gaan word, en ook soos sy ou vriend, so siek is dat hy nie in die tronk kan sit nie.