Zuma het gelieg

Themba Maseko

Die voormalige direkteur-generaal, Themba Maseko, het voor die Zondo kommissie getuig, en sê die oud-president, Jacob Zuma het gelieg.

Maseko het aan die kommissie wat ondersoek doen na Staatskaping, vertel hoe Jacob Zuma die waarheid verdraai het met sy storie dat daar ’n mate van konflik bestaan het tussen hom en Minister Collins Chabane.

Hy sê Zuma se storie dat daar ’n geskil ontstaan het tussen hom en die minister, is nie korrek nie, terwyl Zuma aan die kommissie gesê het die kabinet het besluit om Maseko van sy amp as direkteur-generaal te onthef.

Hy het in antwoord op ’n vraag of daar ’n memorandum vanaf die kabinet aan hom gegee is, het Maseko gesê daar was nooit so ’n memorandum aan hom oorhandig nie.

Hy sê dat Chabane hom geskakel het in die verband terwyl Zuma in Afrika was vir ’n Afrika Unie byeenkoms, en hom meegedeel dat hy uit die pos onthef is.

Hy het ook bevestig dat daar geen spanning tussen hom en Chabane is nie omdat die minister hom ’n 114% toegeken het vir sy werk as direkteur-generaal.