Zuma het geen geraamtes in kas

Jacob Zuma hy het geen geraamtes in die kas met belastings nie, en het derhalwe niks om weg te steek nie.

Zuma het die afgelope week weens “swak gesondheid”, in die hospitaal deurgebring en moes die getuienis wat hy sou lewer oor Staatskaping, uitgestel word vir minstens twee weke.

Waarnemers gis oor die moontlikheid dat Zuma weer ’n metode gevind het om verhore uit te stel deur hierdie keer in die hospitaal te beland, terwyl niemand weet wat die siekte toestand is nie.

Die voormalige ANC president het op die sosiale netwerk homself verdedig teen bewerings dat hy ook skuldig is aan belasting ongerymdhede deur belasting inligting te weerhou aan die Openbare Beskermer.

Waarnemers sê dit is opvallend dat die Openbare Beskermer geen negatiewe kommentaar het oor Zuma se belastings weerhouding nie, gesien in die lig dat sy juis deur hom aangestel is.