Winkelsentrum in brand verwoes

Al het die brandweer se personeel in Mafeking hard probeer om die brand te blus by ’n inkopiesentrum, is talle winkels tot op die grond vernietig.

Maandagoggend het paniek en chaos losgebars in die stad toe ’n brand blitsvinnig versprei het van een winkel na die volgende sakeonderneming.

Noodhulp werkers en brandweer personeel het talle werkers en kliënte te hulp gesnel terwyl swaar rookdampe in die lug gehang het.

Geen amptelike verklaring was beskikbaar om die oorsaak van die brand bekend te maak nie, maar miljoene Rand se skade is na bewering aangerig.

Die plaaslike polisie het later op die toneel verskyn en ’n kordon om die winkelsentrum gespan terwyl die brandbestryders ure lank besig was om die vuur te blus.

’n Bekende kruidenierswinkel os glo die grootse van die sentrum se ondernemings wat in die slag gebly het asook ’n sportwinkel daarnaas.