Wie word Duitse Bondskanselier?

Senior lede van die regerende Christen Demokrate Unie (CDU) van Bondskanselier Angela Merkel moet tydens die party kongres besin oor ’n nuwe Bondskanselier.

Alhoewel Merkel vroeër met Annegret Kramp-Karrenbauer vervang is as leier van die CDU, word sy allerweë nog beskou as leier vanweë haar amp as Bondskanselier.

Merkel het verlede jaar aangedui dat sy terugstaan as partyleier, en sal ook nie verkiesbaar wees as die party se kandidaat vir die amp as kanselier nie.

Annegret Kramp-Karrenbauer, wat Merkel se keuse is, sal moet toon dat sy deur die afgevaardigdes na die kongres aanvaar word om die party te lei.

Kramp-Karrenbauer is tans die Minister van Verdediging, en is sedert Desember verlede jaar ook partyleier.

Sy het egter verskeie uitsprake gemaak wat getroue partylede die wenkbroue laat lig het en twyfel oor haar vermoë om kanselier van Duitsland te word, en met haar jongste uitdaging aan die kongresgangers dat hulle nou moet besluit oor haar, kan lei tot die verkiesing van ’n nuwe kandidaat.