Werketiek

Etiek is ‘n studie rondom morele waardes en gebruike.  Anders gestel is etiek die verskil tussen reg en verkeerd, goed en kwaad en behels dit verantwoordelikheid.  Karel vd Merwe van US, toon oa. aan dat die volgehoue toepassing van gesonde beginsels en standaarde wat in belang is van kliënte en die gemeenskap, deel vorm van etiek.  Daarteenoor staan onetiese gedrag soos luiheid, die gebrek aan verantwoordelikheid, die vermorsing en misbruik van die werkgewer se bates .

Hierdie negatiewe gedrag gaan dikwels oor tot korrupsie, diefstal, bedrog en selfverryking.

Werketiek “vryf af” van die werkgewer, toesighouer/bestuurder wat aangestel is oor werknemers. Henry Ford het gesê: as geld die enigste dryfveer in ‘n besigheid is, is dit ‘n swak besigheid .

Nou ontstaan die vraag :  hoekom is daar so ‘n gebrek aan werketiek by veral instellings wat Jan Publiek of te wel die inwoners van ‘n land bedien?

Besoek enige poskantoor, kantore van SAID, Telkom, Eskom en veral Munisipale kantore dan staan mens verstom oor die gebrek aan werketiek. Werkers meld aan vir werk of betree die werksplek presies op die minuut wat die kantore veronderstel is om te open. Dus word kliënte ongeveer 10-15 minute later bedien aangesien die rekenaar of die geldlaai of wat ook al eers geopen en georden moet word, alvorens daar begin werk word.

Tee en etes word tydens en gedurende werksure voor kliënte genuttig. Eetgerei of selfs die gebrek aan eetgerei is sigbaar op werkstafels en langs rekenaar stasies.  Persoonlike netheid of die gebrek daaraan word alhoemeer sigbaar.  Ondersoek toon dat werkers dink die maatskappy skuld hom meer geld daarom werk hy soos en wanneer hy wil.  Ander glo dat hul op sekere voordele geregtig is terwyl sommige werkers geen respek het vir ander mense nie.

Was dit altyd so? Skrywer is van mening dat hierdie gebrek aan werketiek die afgelope twee en ‘n half dekades toegeneem het.  Weereens ontstaan die vraag hoekom?  As die hoogste gesag van die land nl. die parlement as voorbeeld mag geld dan is die logiese aanname dat ondergeskiktes en werknemers dieselfde gedrags patrone toon as die van parlementariërs.  Afwesigheid by parlementêre byeenkomste en veral portefeulje komitees is ‘n algemene “siekte”. Swak gedrag in die parlement tydens sittings is nie meer snaaks nie.  Onnetheid van LP’s blyk ‘n gegewe te wees.

Die ergste is die grootskaalse diefstal en korrupsie wat voorkom vanaf die hoogste posisies in die parlement tot en met provinsiale rade, die polisie, weermag en veral semi-staats instellings soos Eskom, SAL, Denel ens.  Hier is dit die HUB’s wat regstreeks verbind word met korrupsie en omkopery.  Sedert 2000 is vier polisie kommissarisse verbind met kriminele en korrupte handelinge wat tot hul bedankinge/afdankings gelei het.  Die land se vorige president staar bykans ontelbare aanklagte van korrupsie in die gesig.  Dus is die voorbeeld van diegene wat leiding moet gee seer sekerlik een van die redes waarom “onderdane” die houding inneem van “hulle doen dit, waarom nie ek nie”?

Die vraag is of ons as beskaafde westerlinge, wat gerig en gelei word deur ons geloof in ‘n Drie-Enige God, dieselfde pad gaan loop?  Gaan ons die lig draers wees wat steeds ‘n voorbeeld gaan stel? Die antwoord op die vraag sal bepaal of ons deel gaan word van Afrika, op sal gaan in ‘n rasgemengde samelewing en of ons staande gaan bly in Sy krag.  

Landsburger