VSA wil troepe uit Suid-Korea onttrek

Die geskil tussen Amerika en Suid-Korea oor die finansiële bydraes tot die gesamentlike militêre oefeninge het nou verder uitgekring en kan die verhouding tussen die twee lande nadelig beïnvloed.

Amerika is tans besig om die moontlikheid te oorweeg om ’n groot aantal van sy troepe wat diens doen in Suid-Korea, terug te trek na die VSA om sy koste te verlaag.

Suid-Korea het tydens die onderhandelinge geweier om ’n bykomende $5 miljard te betaal vir die militêre oefeninge wat jaarliks gehou word, en die VSA oorweeg nie om die bedrag te verhaal deur minder troepe in die Skiereiland aan te hou.

Washington het vroeër die samesprekings beëindig met Suid-Korea nadat die land nie wou instem om meer te betaal vir die militêre oefeninge nie.

Die VSA se vereiste dat Suid-Korea $5 miljard meer moet betaal, sal beteken dat hulle sowat vyf keer meer moet opdok as wat tot hede bygedra is, en daarvoor sien Suid-Korea nie kans nie.

Die VSA sê egter die beveiliging in en om Suid-Korea wat deur die VSA behartig word, behoort $5 miljard werd te wees.