VSA wil sterker optree teen dwelmbase

Gewapende mans wat verbonde is aan dwelm kartels het nege vroue en ’n kind gedood in een van Meksiko se bloedige voorvalle van die afgelope weke.

Die aanval op die Amerikaanse vroue word beskou as een van die ergste gevalle in dekades, en die Amerikaanse president, Donald Trump, se dit het nodig geword dat gesamentlike optrede teen die dwelmbase nodig is.

Hy het aangebied dat die VSA hulp verleen aan Meksiko om die dwelm kartel en die hele bedryf uitgewis kan word nadat die nege mense by die grens met Columbië gedood is.

Die voorval is deur iemand opgeneem en die video toon hoe daar van die vroue probeer het om met ’n voertuig weg te kom, en hoe die gate van geweerskote in die sykant van die motor verskyn.

Benewens die nege vroue en kind wat omgekom het, is talle ander met koeëlwonde in die hospitaal opgeneem.