VSA trek eerste Sjinese dief vas

Kort nadat die Amerikaanse FBI ’n verslag vrygestel het oor die Sjinese wat tegnologies gevorderde eiendom steel in Amerika, is die eerste dief vasgetrek.

’n Sjinees wat vir Monsanto gewerk het voor die oorname deur Bayer van Duitsland, is die afgelope week betrap dat hy geheime handels inligting vir Sjina gesteel het.

Die 420jarige Haitao Xiang wat werksaam is by Monsanto het die afgelope dekade blykbaar inligting deurgesmokkel na Sjina, maar is deur die Federale Polisie uitgevang.

Hy het boerdery sagteware, wat die eiendom van Monsanto is, by hom gehad toe die polisie op hom toegeslaan het.

Die adjunk Prokureur-Generaal het gesê dit is slegs een bewys van hoe die Sjinese as sogenaamde werkers in die VSA, geplant is om tegnologie diewe te wees vir Sjina.

’n Politieke ontleder het gesê dit is tyd dat die VSA sl die Sjinese werkers in die land ondersoek en hulle deporteer.