VSA plan oor Iran bekendgemaak

Die Verenigde State beplan glo om Rusland, Sjina en maatskappye in Europa saam te trek om voort te gaan met werksaamhede by Iran se kernaanleg om te verseker dat die ontwikkeling van kernwapens vir die land bemoeilik sal word.

Die Trump administrasie wat verlede jaar uit die kernwapen ooreenkoms onttrek het, het kragtige sanksies teen Iran ingestel, maar wil ook dat die ander lande en maatskappye voortgaan met ’n program om Iran se kernwapen program te bemoeilik.

Met die skuif van Washington word die VSA se deur wyd oopgelaat om met diplomasie die Irannese kernprogram met ’n nuwe ooreenkoms te stuit.

Iran s ekonomie word ernstig geknel met die wye sanksies wat teen hom ingestel is deur die VSA, en sy olie verkope het ’n laagtepunt bereik wat beteken dat die land se inkomste skerp gedaal het.