VSA keur wet goed oor Hong Kong

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het twee wetsontwerpe ingedien wat ondersteuning gee aam die pro-demokratiese protesteerders in Hong Kong.

Die VSA stuur daarmee ook ’n waarskuwing aan Sjina oor hulle bedenklike menseregte ten opsigte van die studente in die stad.

Dit is feitlik ’n uitgemaakte saak dat President Donald Trump die wetsontwerpe sal onderteken te midde van die delikate onderhandelings tussen die twee moondhede oor ’n moontlike handelsooreenkoms wat die handelsoorlog kan beëindig.

Die Huis van Verteenwoordigers het die twee wetsontwerpe aan die Wit Huis gestuur nadat dit goedgekeur is met 417 stemme teen 1 wat daarteen is.

Die Amerikaanse betrokkenheid in Hong Kong is reeds vir dekades, en hang saam met die VSA se hulp aan die stad op handelsgebied om ’n internasionale sentrum op finansiële gebied te kon word.