VSA irriteer Sjina met oorlogskip

Die VSA Vloot het twee keer met ’n oorlogskip naby die kunsmatige eilande in die Sjinese Suid See gebied verbygevaar tot groot ontsteltenis in die kommunistiese kamp.

Die Amerikaanse skepe het herhaaldelik vrby die gebied gevaar wat deur Sjina beskou word as sy gebiedswaters, maar wat nie deur die VSA erken word nie.

Die besige skeepsvaart roete is een van die verskilpunte tussen die wêreld se twee grootste ekonomiese moondhede, maar intussen is die VSA ook aan die krap in Hong Kong en Taiwan.

Sjina het die afgelope week beswaar aangeteken teen die VSA oor sy inmengery by Taiwan en Hong Kong wat beide as Sjinese gebied opgeëis is.

Vroeër het Sjina ook gewaarsku dat die VSA sy gebruik om met oorlogskepe deur sy gebiedswaters te vaar, moet stop, maar die VSA gee nie daaraan gehoor nie omdat Sjina die gebiedswaters wou uitbrei deur kunsmatige eilande te vestig.