VSA: Duisende kinders in aanhouding

Die owerheid in die VSA het meer as 100,000 kinders in immigrante kampe in aanhouding, volgens ’n opname wat deur die Verenigde Nasies gesoen is.

Die Verenigde Nasies se navorser, Manfred Nowak, het die VSA se metode om die kinders in afsonderlikheid aan te hou, skerp veroordeel en gesê die kinders hoort by hulle ouers en familie, waar hulle ook al mag wees.

Volgens ingeligte bronne, word 330,000 kinders van immigrante in kampe aangehou weens verskillende immigrasie aangeleenthede wat nagekom moet word.

Van hierdie totale aantal kinders, is die VSA regering verantwoordelik vir een-derde wat dit net meer as 100,000 kinders is wat versorg moet word en tuis hoort by hulle ouers.

Manfred Nowak is die hoof van die nuwe VN Wêreld Studie oor Kinder Regte en het met sy span ’n omvattende ondersoek in die VSA uitgevoer.

Die Trump-administrasie het nie op die bewerings gereageer nie, en waarnemers reken die Trump regering is nie baie simpatiek oor immigrante uit die Latyns-Amerikaanse state nie.