Vrystaat verkwis miljoene op studente

Bewerings word gemaak dat die Vrystaatse regering van die ANC meer as R330,000 per student betaal het om in Kuba te gaan studeer om geneesheer te word.

Dit is meer as dubbel die bedrag wat dit in Suid-Afrika sou gekos het, en die grootste probleem is dat die studente nie afstudeer het nie.

Dit neem ses jaar om af te studeer as dokter in Kuba, plus een jaar wat vooraf as taalkursus afgelê moet word om Spaans onder die knie te kry.

Aanvanklik is 211 studente na Kuba gestuur, waarvan 33 gou teruggekeer het na SA, maar kort daarna het een omgekom in ’n straat van die hoofstad.

Die opleiding van dokters in Kuba verskil van die opleiding wat in Suid-Afrika gebied word, en kenners waarsku dat die dokters nie noodwendig geskik is vir die diens wat van geneeskundiges verwag word nie.