Vreemdelinge haat in Kaapstad gevind

Die Xenofobie gogga het sy kop in Kaapstad uitgesteek wat klaarblyklik gelei het tot die toestroom van buitelanders, wat in Kaapstad woon en werk, na die Verenigde Nasies se kantore.

Talle strate van Kaapstad was onbegaanbaar toe die buitelanders chaos veroorsaak het wat deur die polisie beheer moes word, maar wat in erge botsings gelei het.

Die immigrante het na bewering ’n “sit by die kantore” van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris naby die Markplein saamgedrom.

Die vreemdelinge eis dat die VN hulle uit Suid-Afrika help om na ’n ander land te verskuif na hulle dur plaaslike inwoners van xenofobiese optrede beskuldig is.

Die owerheid het intussen onderneem om die voorvalle te ondersoek, maar die uitlanders hou voet by stuk dat die VN hulle moet help om uit die land te kom.