VN se Klimaat byeenkoms nou in Spanje

Slegs twee dae nadat die regering van Chili aangekondig het dat hy nie die beplande internasionale byeenkoms van die Verenigde Nasies oor Klimaatsverandering kan huisves nie, het Spanje aangedui dat hy gered is om gasheer te wees.

Chili het onttrek weens die protes optogte wat nou reeds dae lank duur en dikwels gewelddadig word .

Die anti-regering protes optogte in Santiago het die veiligheidsrisiko te hoog gemaak en het Chili besluit om eerder betyds te onttrek as gasheer.

Die byeenkoms wat in opvolging is van die Parys Ooreenkoms oor Klimaat het glo nodig geword om die protes aksies wat wêreldwyd ondervind word, se besware te hanteer.

Die sosialistiese Eerste Minister van Spanje, Pedro Sanchez, het in ’n verklaring gesê hy is gereed om die byeenkoms in Madrid aan te bied wat vroeg in Desember gehou word.

Die sogenaamde Konferensie van Partye soos dit bekendstaan, sal waarskynlik nie deur die verenigde State van Amerika bygewoon word nie, aangesien die Trump administrasie nie eens is met die inhoud van die ooreenkoms nie.