Vlugtelinge voel onveilig in SA

Honderde vlugtelinge in Suid-Afrika wat afkomstig is uit Afrika lande, sê hulle voel uiters onveilig in die land, veral nadat hulle gedurig deur plaalike inwoners geteister en gesaboteer is.

Die vreemdelinge word tans gehuisves in die “Sentrale Metodiste Kerk van Kaapstad en soek nou maniere om uit die land te kom na ’n veiliger plek soos Kanada.

Die mense het voorheen in die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Vlugtelinge gewoon, maar is later daar weggeneem toe hulle deur die plaaslike inwoners aangeval is.

Suid-Afrika het weer die muishond van die wêreld geword toe berigte vrygestel is van xenofobiese aanvalle wat op die vlugtelinge uitgevoer is.

Die vlugtelinge eis dat die ANC regime hulle op staatskoste na ’n veiliger land moet neem, maar daar is meningsverskil oor waarheen hulle moet gaan.

Baie van die mense vra dat hulle oorgeplaas word na Kanada waar daar nie sulke onveilige omstandighede is nie