Vlugtelinge krisis by breekpunt

Die sogenaamde vlugtelinge in Kaapstad wat nou in die Metodistekerk gehuisves word nadat hulle met die polisie gebots het, wil glo nou die land verlaat in immigrante karavaan formaat.

Hulle woordvoerders sê dit is die enigste manier wat hulle die wêreld se aandag kan vestig op die ANC regering se ongevoelige optrede teen hulle.

Die vlugtelinge het voorheen by die Verenigde Nasies se kantore saamgedrom, maar is deur die polisie verdryf, maar die SA Menseregte Kommissie het sy steun aan die vlugtelinge gegee en gesê die polisie moet hulle skep optrede staak.

Sowat 200 van die vlugtelinge het intussen die kerkgebou verlaat na onderonsies met die kerkleiers en menseregte verteenwoordigers.

Kort daarna het dieselfde in Pretoria gebeur toe vlugtelinge ook met die polisie gebots het voor die kantore van die VN se Vlugtelinge Agentskap.

Tydens die botsings is sowat 24 polisiebeamptes beseer en talle vlugtelinge het ernstige beserings opgedoen wat deur die menseregte aktiviste veroordeel is.

Meer as ’n 100 vlugtelinge is gearresteer weens hulle betrokkenheid in openbare geweld en sal glo almal in die hof moet verskyn.