Verwoede magstryd in ANC geledere

Lindiwe Sisulu

’n Klagte wat in die Openbare Beskermer se kantoor ingehandig is, lig die sluier effens oor die verwoede magstryd wat in die geledere van die ANC en sy regering duur.

Die klaer wat verkies om anoniem te bly, beweer dat Minister Lindiwe Sisulu is besig met ’n skaakspel om die adjunkpresident uit sy amp verwyder te kry om self die amp in te palm.

Die kantoor van die Openbare Beskermer wou geen kommentaar lewer oor die klagte nie, wat die vermoede versterk dat so ’n klag wel deur Busisiwe Mkhwebane ontvang is.

Volgens berigte is minister Lindiwe Sisulu besig om lojale ondersteuners in haar departement aan te stel met die bedoeling om David Mabuza as visepresident uit sy amp te druk en dan self die pos beklee.

Die skuif laat die vermoede bestaan dat dit haar in ’n redelike sterk posisie plaas om Ramaphosa op te volg, veral as Mabuza se invloed uitgeknikker is en die ANC se president veel minder steun sal kry sonder sy adjunk se invloed.