Vernietigende storm tref Durban

’n Vernietigende storm het Durban getref wat baie bome ontwortel het en groot skade aan menige geboue aangerig het.

Die swaar reën van vroeër het die grond deurnat, en die sterk stormwinde het nou die bome ontwortel, en teerpaaie het reuse wegsakking wat veroorsaak dat motors die roetes behoort te vermy.

Die storm het Durban Donderdag bereik, maar die eerste skade was reeds Woensdag waarneembaar wat deur sterk wind veroorsaak is.

Verkeersopeenhopings, bome wat oor paaie geval het, is alles deel van die storm wat duisend mense in paniek gelaat het toe kragonderbrekings en watervloede hulle eiendom bedreig het.

Die storm, wat ook deur ’n tornado vererger is, het ook Eskom verplig om bystand spanne in te span toe kragonderbrekings begin het.

Donderdag het Durban ook meer as 100 mm reën gehad wat strate in klein riviere verander het toe dit binne twee uur uitgesak het.