Verdeelde Spanje gereed vir stemdag

Die Spanjaarde se vier grootste politieke partye het reeds afgeskop om ’n erg verdeelde volk na die stembus te lei en die jongste aanduiding is dat geeneen van die vier partye ’n volstrekte meerderheid sal behaal nie.

Op 10 November sal die Spaanse kiesers na stembusse gaan, te midde van vrese dat die Separatiste van Katalonië en die regses in Spanje dalk te veel steun gaan kry en die ander partye van hulle steun kan beroof.

Dit is Spanje se vierde algemene verkiesing in die afgelope vier jaar, maar geeneen van die partye toon genoeg leierskap om ’n meerderheid in die parlement van 350 setels te behaal nie.

Dit wil ook lyk asof die konserwatiewe Volksparty en die Sosialiste die grootste steun kan kry, maar of enige party bereid sal wees tot ’n koalisie, word betwyfel weens die skerp verdeeldheid in die land.