Vakbond wil Ramaphosa na arbeidshof vat

Die ANC se president is nie bo die wet verhewe nie, en sy sogenaamde sake besluit om 22 van sy 46 plaaswerkers af te dank, kan hom in die arbeidshof laat beland.

Cyril Ramaphosa het die plaaswerkers in sy dien, summier afgedank en die verskoning gebruik dat dit ’n sakebesluit is omdat bek-en-klouseer sy beeskudde kan bedreig.

Niemand kon nog verklaar wat die siektetoestand te make het met sy personeel se afdanking nie, en nou wil vakbonde glo hulle president na die arbeidshof sleep.

Die plaaswerkers vakbond, Fawu, staan glo aan die spits om hulle lede teen “onregmatige” aflegging te beskerm, maar of die vakbond die moed het om op te tree teen hulle president, sal die tyd leer, sê politieke ontleders.

Wat egter onbillik is, is dat die president toegelaat word om vir sy “sake besluit” moontlik nie tot verantwoording geroep gaan word nie, terwyl dit juis sy regering se arbeidswet is wat oortree word, is gesê.