Uitgeworpe hond word held

Bear

In Australië het ’n uitgeworpe hond, wat as welpie afgekeur is om spesialiste se werk te doen, nou die land se verbeelding aangegryp met sy weldade.

Die hond, genaamd Bear, is ’n kruising tussen twee gewilde rasse, word nou ingespan om beseerde koala beertjies weens die bosbrande, op te spoor.

Bear is opgelei om die beertjies te soek, en met die groot bosbrande in Australië het talle beertjies beserings opgedoen, maar word nie maklik opgespoor sodat hulle behandel kan word nie.

Die hond se baas wat verbonde is aan die Universiteit van Sunshine Coast se die werk wat die hond doen, is gevaarliker as wat gewoonlik van toepassing is, maar daarmee word die hond se werk soveel meer waardeer.

Bear is so opgelei dat het meestal net siek of beseerde koala beertjies soek, se opleiding het ten nouste met die Universiteit se navorsing verband gehou, en die huidige projek is slegs om te help soek na beseerde beertjies.