Twee belangrike riviere droog op

Limpopo

Twee van Suid-Afrika se belangrikste riviere is besig om geheel en al op te droog, en dit voorspel nie net ’n water krisis nie, maar ook m onwettige immigrante krisis.

Die Limpopo rivier wat Suid-Afrika se grens met Zimbabwe is, is feitlik droog, en die onwettige immigrante wat op soek is na werk, stap deesdae droogvoets deur die rivier na die SA kant.

Die tweede rivier van uiterste belang, is die Oranjerivier wat tans net ’n klompie poele water het en geen toevloei na die Verwoerd dam het nie.

Die voedingsbron uit die Katsedam in Lesotho se vlak het ook gedaal, en geen voeding kan gelewer word aan die Oranjerivier nie, klaarblyklik ook omdat die regering in SA nie die waterrekening aan die buurland betaal het nie.

Die Katsedam lewer ook water aan die Vaaldam, maar onderhoud en instandhoudingswerk aan die tonnels sal eers aan die einde van November afgehandel wees waarna water aan die Witwatersrand gelewer kan word indien die waterrekening vereffen is.