Turkye wil eie vegvliegtuie bou

President Tayyip Erdogan

Volgens die uitspraak van President Tayyip Erdogan in Turkye, beplan die land om binne die volgende 5 jaar sy eie vegvliegtuig te vervaardig.

Die Turkse president het die aankondiging gedoen tydens ’n toespraak en gesê die vervaardiging sal beteken dat Turkye nie meer afhanklik is van Amerika se F-35 vervaardigings program nie.

Die aankondiging kom ook te midde van opbouende spanning tussen die twee Navo lande nadat Turkye nie gehoor wou gee aan president Donald trump se versoek om eerder die Amerikaanse stelsels te koop nie.

Turkye glo dat die Russiese modal S-400 die mees suksesvolste en modernste missiel afweer stelsels ter wereld is.

Die optrede van Turkye beteken ook dat dit ’n einde sal bring aan ’n jarelange verhouding waarvolgens Turkye deel uitmaak in die vervaardiging van sekere komponente vir die Amerikaanse F-35 vegvliegtuig.

Erdogan het ook gemeld dat die Turke se program so geskeduleer is dat hy sy eie hommeltuie sal vervaardig, tesame met ander toerusting vir die land se verdediging.