Trump besoek Delaware na vlieg ongeluk

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het na Delaware gereis om besoek te bring aan die Dover Lugmagbasis om eer te betoon aan die twee Amerikaanse soldate wat beswyk het tydens ’n helikopter ongeluk.

Die twee soldate het omgekom tydens ’n roetine vlug met ’n helikopter in Afghanistan, en President Trump asook sy vrou Melanie het met die familielede gesimpatiseer terwyl ’n seremonie in Delaware gehou is.

Die pentagon het die twee soldate geïdentifiseer as David Knadle van Rexas en Kirk Fuchigami Jr van Hawaii.

Alhoewel die Taliban dadelik daarop aanspraak gemaak het dat hy die helikopter afgeskiet het, het ’n span deskundiges van die VSA vasgestel dat die helikopter nie deur enige wapen of missiel getref is nie.