Top ANC lede ingesleep by omkoop- en moord ondersoek

Ace Magashule

Die moord ondersoek rondom die dood van Louis Siemens van Bloemfontein in Mei 2018 het ʼn interessante wending geneem toe twee hooggeplaaste ANC lede se name na vore gekom het in ʼn “hoogs geheime” dokument van die Polisiediens se Teen Intelligensie Eenheid.

Die dokument meld dat die “vorige premier” van die provinsie en ʼn dienende “minister” betrek is by die R5 miljoen omkoop skandaal en die dood van Siemens. 

Bewerings word gemaak dat Ace Magashule R5 miljoen betaal is om die lisensie aansoek van CityMed Dag Hospitaal in Bloemfontein te “fasiliteer”.  Siemens was op die stadium Hoof Uitvoerende Beampte en aandeelhouer van die groep.

ʼn Sakeman van Bloemfontein, Stanley Bakili,  se verklaring toon dat Aaron Motsoaledi R154,00 betaal is om die betrokke lisensie aansoek te bespoedig.  Agt persone staar nou aanklagte van moord en sameswering in die gesig, onder andere Stanley Bakili, Kaptein Moeketsie Letsia, bevelvoerder van Bayswater polisie stasie, twee van sy ondergeskiktes, ʼn geskorste advokaat en ʼn valskermsoldaat van SA Weermag se rekkie eenheid.  Beide Motsoaledi en Magashule ontken die bewerings.