Tieners kry te min oefening

Meer as 80% van die wêreld se tiener kinders kry nie ’n minimum van een uur daaglikse oefening nie, is deur die Verenigde Nasies se Gesondheidsafdeling bevind.

Die VN verslag dui aan dat dit tot gevolg het dat kinders se verstandelike en geestelike gesondheid benadeel word en hulle opvoeding beïnvloed.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie sê die min oefening het ’n algehele invloed op die gesondheid van die kinders, en diegene in die ouderdom 11 tot 17 jaar word die meeste hierdeur geraak omdat hulle nie die minimum vereiste van een uur liggaamsoefening per dag kry nie.

Die verslag toon dat kinders aan fietsry, sport, en daaglikse rondspeel blootgestel behoort te word, maar dat slegs ’n klein persentasie aan die vereistes voldoen.

Die opname wat in 146 lande gedoen is onder meer as 1,6 miljoen kinders, toon dat 4 uit elke 5 kinders in die ouderdomsgroep nie blootgestel word aan die nodige liggaamlike oefeninge nie.

Die oefeninge gedurende die tiener jare word as uiters belangrik beskou vir die ontwikkelings van die hartspier, sowel as die fisiologiese ontwikkeling.

Die kommer bestaan dat die hedendaagse tegnologiese ontwikkeling veel daarmee te doen het wat meebring dat kinders voor rekenaars en selfone sit terwyl geen liggaamsoefeninge gedoen word nie.