Thailand roep duisende vir opleiding

Duisende van die openbare dienste, die polisie en onderwysers is opgeroep vir militêre kampe in Thailand om intensiewe opleiding te ondergaan in gemeenskapsdiens.

Die betrokkenheid van die Thailandse burgers word ook gesien as lojaliteit teenoor die Koninklike Paleis wat hulle bereidheid toon om in nood tot diens van die Thailandse bevolking te wees.

Die mense doen die opleiding as vrywilligers en sal selfs geleer word om verfwerk en tuinwerk te verrig om die land op te bou.

Die optrede word gesien as ’n koers waarheen die 67-jarige Koning Maha Vajiralongkorn sy onderdane rig om ’n stewige fondament van arbeidsaamheid en lojaliteit te vestig.