Terroriste sweer wraak teen VSA

Die bykans verslane Islamitiese Staat terreur organisasie in Sirië het hulle hoofleier verloor nadat hy homself vernietig het met ’n bom toe die Amerikaanse magte op die aanval was.

Die IS terroriste het vir bykans ’n week na die dood van hulle leier, vir die eerste keer gereageer en gesê die dood van Abu Bakr al-Baghdadi is deur die VSA veroorsaak, en beoog gepaste optrede.

Die leier het homself glo as die hoof (kalifaat) van alle Moslems gesien met beheer oor groot gebiede in Irak en in Sirië.

Die talle terugslae wat die IS vegters gehad het sedert 2017 se VSA alliansie aanvalle, het die terreurgroep begin kwyn, maar het met tyd weer werwing gedoen en is tans besig om ’n nuwe leier te identifiseer en in te huldig.