Telkom wil Cell C oorneem

Die maande lange spekulasie is nou deur Telkom bevestig dat hy besig is met ’n ondersoek na die moontlikheid om die sukkelende Cell C oor te neem.

Telkom het egter later bevestig dat hy ’n aanbod gemaak het aan die selfoon maatskappy, wat algemeen beskou is as ’n poging om sy verlore kliëntebasis aan te vul.

Alhoewel Cell C die derde grootste selfoon maatskappy in Suid-Afrika is, sukkel die entiteit om kop bo water te hou terwyl die ander twee selfoonmaatskappye winsgewend bedryf word.

Van die belangrikste redes wat aangegee word deur finansiële kundiges is dat Cell C met verskeie tariewe wat te laag is, probeer het om sy markaandeel te vergroot, wat nie ’n geslaagde poging is nie.

Die groot bedryfslas van ’n oorgrote top pos bekleërs word ook gesien as ’n rede waarom die bedryf vir jare sukkel om sy finansiële stand te verbeter.