Taiwanese president uitdagend teen Sjina

President Tsai Ing-wen

Taiwan se President Tsai Ing-wen het haar verkiesingsvennoot vir die 2020 presidentsverkiesing aangewys en volgens waarnemers daarmee ’n uitdagende houding openbaar teenoor die kommunistiese regering van Sjina.

Sy het ’n voormalige premier aangewys wat voorheen deur die Kommunistiese Party se koerant veroordeel is en aanbeveel het dat hy in hegtenis geneem word weens sy anti-Sjinese benadering.

Die selfregerende demokratiese Taiwan word deur Sjina as sy buite provinsie beskou wat deurlopende spanning tussen die twee regerings veroorsaak met verskille oor territoria aangeleenthede.

Sjina het gewaarsku dat enige moondheid wat poog om Taiwan onafhanklik te maak, deur die Sjinese aangeval sal word.

William Lai, wat tot Januarie premier was, het uitgetree nadat hy toegetree het om ’n tussenverkiesing se uitslag te laat swaai ten gunste van die regerende party. Dit het die Kommunistiese Party in Sjina woedend gelaat, maar die vernederende verlies vir die Sjinese kon nie ongedaan gemaak word nie.