Taiwan: Sjinese inmenging wek kommer

Die Amerikaanse regering het sy kommer uitgespreek oor Sjina se pogings om in te meng en invloed uit te oefen in die presidentsverkiesing van Taiwan.

’n Senior diplomaat van die VSA wat in Taiwan gevestig is, het gesê dit is kommerwekkend dat die Sjinese inmeng by die sake van ’n selfregerende staat soos Taiwan.

Die selfregerende eiland hou sy presidentsverkiesing in Januarie 2020, en Taiwan het Sjina gewaarsku om sy inmengery in die verkiesingsveldtog te staak.

Brent Christensen, die Amerikaanse ambassadeur in Taiwan sê hulle is deeglik bewus van Sjina se pogings om druk te plaas op verskillende maniere om die verkiesing te beïnvloed.

Hy sê die Sjinese gebruik disinformasie in hulle veldtog om mense te oorreed om vertroue te verloor in die regering van Taiwan.

Sjina gooi ook pamflette en “inligtingstukke” met vliegtuie af waarin mense afgeraai word om vir die huidige president te stem op 11 Januarie 2020.