Syfer gogga

Te beel mense gebruik die Amerikaanse term “biljoen” in stede van “miljard” wat die korrekte Afrikaanse term is vir een duisend miljoen.

Die miljard getal beteken dat nege nulle teenwoordig is soos in die volgende voorbeeld:

Een miljard is dus 1,000,000,000 wat dan ook gelykstaande is aan 1,000 miljoen.

Die Vryburger gebruik nie die Amerikaanse term vir miljard nie, alhoewel die woord “biljoen” as ’n erkende Afrikaanse woord in die woordeboeke verskyn.