Sydney in haglikste besoedeling ooit

Die Australiese deelstaat New South Wales word geteister deur die ergste vlak van lugbesoedeling wat nog ooit geregistreer is terwyl rook vanaf ’n wye gebied se bosbrande veroorsaak dat die stad Sydney se besoedelingsvlak gevaarlik hoog gestyg het.

Die uiterste swak sig het reeds veroorsaak dat noodlottige voertuig ongelukke plaasgevind het, terwyl waarskuwings aan die stad se inwoners gerig is om liefs die besoedelde buitelug te vermy.

Die koeler klimaat wat intussen ingetree het, is ’n groot verligting vir die meer as 600 vuur vegters wat nou reeds weke lank ’n verbete stryd voer om die vlamme te beheer.

Volgens die Lig Sigbaarheid verslag het Sydney se sigbaarheid vlak van ’n gevaarlike no. 8 verder gestyg tot no. 10.

Intussen word verneem dat groot druk op die Eerste Minister, Scott Morrison kom deur hom te beskuldig dat die owerheid en regering nie genoeg doen om die krisis af te weer in die lig van die klimaatsverandering wat besig is om verwoesting te saai nie.