Swak waterbestuur bedreig SA juwele

Swak waterbestuur is een van die grootste bedreigings vir die Suid-Afrikaanse wildbedryf wat as die land se beste juweel beskou word.

Die water tekort in die Kruger Wildtuin kan hoofsaaklik toegeskryf word aan twee oorhoofse faktore.

Die droogte wat groot dele van die land die afgelope aantal jare duur, is sekerlik die belangrikste faktor wat verreken moet word, sê wild kenners en deskundiges in waterbestuur.

Die tweede faktor hang saam met die droogte, en dit is die swak waterbestuur wat die afgelope 20 jaar in Suid-Afrika ondervind word.

Kenners wys daarop dat die twee faktore hand aan hand loop om uiteindelik die wildlewe uit te wis in die land se nasionale parke.

Kundiges is die water bestuur sektor se alles verloop goed wanneer dit reën, maar as ’n droogte tydperk aanbreek, word dit noodsaaklik dat deskundige water bestuur toegepas word om die diere te beskerm ten uitwissing. 

Die swak bestuur van water word duidelik as gekyk word na hoe die Hartbeespoortdam, die Vaaldam, en ander besoedel word en selfs die mensdom se voortbestaan in Sentraal Transvaal bedreig word.

Swak waterbestuur lei daartoe dat dit na raming R1 miljard sal kos om die Vaaldam se besoedelde inhoud te herstel, en om die ander opgaardamme s besoedeling uit te skakel, kan ’n verdere R2 miljard beloop, wat alles voorkom kon word deur sinvolle waterbestuur toe te pas.