Suid-Korea en VSA dialoog misluk

Die Verenigde State van Amerika het die gesprek vinnig beëindig met Suid-Korea oor die groter finansiële bydrae wat verwag word van die Skiereiland met die gesamentlike militêre oefeninge wat jaarliks gehou word.

Die gesprek is deur James De Hart as senior leier van die VSA se span beëindig binne ’n uur nadat dit begin is.

Suid-Korea behoort ’n groter deel van die gesamentlike militêre oefening te betaal, sê die Amerikaners, maar die Koreane is nie daarvoor te vinde nie.

Die VSA verwag van Suid-Korea om sy bydrae met $5 miljard te verhoog, maar die poging het rampspoedig geëindig na slegs ’n uur se samesprekings.

James De Hart, die Amerikaners se senior adviseur oor sekuriteit onderhandelings, wat ook met politieke en militêre aangeleenthede gemoeid is, het die onderhandelings kort geknip.

Suid-Korea se onderhandelaars het hulle beroep op die Spesiale Maatstaf Ooreenkoms en wou nie bes gee om meer te betaal nie.

Dit is die eerste ernstige meningsverskil tussen die twee moondhede sedert hulle vennootskap begin het 66 jaar gelede, en kenners reken die twee lande sal weer hulle samesprekings hervat sodra die bloeddruk gedaal het.