Suid-Korea en Japan hervat dialoog oor geskil

Die jarelange geskil tussen Japan en Suid-Korea oor vergoeding wat spruit uit die Tweede Wêreldoorlog, het ook verskeie mislukte pogings gehad in samesprekings waar ooreenkoms nie bereik kon word nie.

Die afgelope naweek is hernude pogings aangewend om dialoog te voer, en miljoene mense in die twee lande hoop dat daar uiteindelik tot ’n vergelyk sal kom.

Om die handelsbande te behou wat telkemaal in die slag gebly het, en die huidige poging om ’n Asiatiese Blok te vorm waarby die twee lande betrokke is, het waarskynlik bygedra om die dialoog te hervat.   

Die twee politieke leiers het gedurende die byeenkoms in Indieq van die geleentheid gebruik gemaak om die dialoog te hervat, wat waarskynlik op ’n latere stadium verder gevoer sal word.