Studente betoog by HK gradeplegtigheid

Meer as ’n duisend pro-demokratiese studente van Hong Kong het met maskers op die gesig, ’n gradeplegtigheid van die Sjinese Universiteit in die stad bygewoon.

Met baniere en slagspreuke op plakkate is die geleentheid ontwrig, maar die universiteit owerheid kon nie optree teen die “vreedsame” studente nie.

Baniere met slagspreuke dat Hong Kong demokraties en vry gemaak moet word, was oral te sien, en na afloop van die verrigtinge het die polisie die studente verwilder met water kanonne “omdat die dra van maskers in die openbaar verbode is”.

Die regering van Hong Kong het enkele weke gelede ’n verbod geplaas op die dra van gesig maskers in die openbaar, met die verwagting dat die beskermingsmaatreël teen polisie optrede sal lei tot minder optogte, maar die studente tart die owerheid deur die maskers onwettig te dra.