Stryd tussen VSA en Sjina verskerp

Die stryd tussen Amerika en Sjina, wat aanvanklik net as ’n handelsoorlog ervaar is, word nou uitgebrei deur die moontlikheid dat Amerika nog sterker optree teen Sjina.

Kort nadat dit bekend geword het dat Sjina betrokke is by die samesprekings om ’n Asiatiese Handelsooreenkoms te vestig, het president Donald Trump die lande, waarvan Sjina nie ingesluit is nie, na die VSA genooi vir samesprekings.

Met die talle lande in die Asiatiese gebied wat ontevrede is met Sjina se onwettige uitbreiding van sy seegebied in die Sjinese Suid See, kan Trump se optrede die ineenstorting van die Asiatiese Ooreenkoms beteken.

Verskeie lande soos Suid-Korea, Taiwan, Japan en ander beskou die Sjinese optrede met die kunsmatige eilande wat gebou en toegerus is met aanloopbane vir vegvliegtuie, as ’n bedreiging vir wêreldvrede en ’n inbreuk op ander lande se internasionale gebruik van die seeroete.