Staking by SAL dalk die einde

Die dreigende staking by SAL deur die SA Kajuit Personeel Vereniging en Numsa kan die einde van die lugredery beteken.

Dit is die mening van Deon Fredericks, interim Hoof Finansiële Beampte van die entiteit.  Die dreigende staking volg nadat SAL aangekondig het dat daar ‘n herstrukturering gaan plaasvind om die entiteit meer koste effektief te maak.  Dit sal beteken dat ongeveer 944 poste moontlik afgeskaf sal word. 

Intussen het die Loodse Vereniging gedreig dat hulle sal oorgaan tot aksie indien daar nie ‘n Hoof Uitvoerende Beampte heel spoedig aangestel gaan word wat lugvaart ervaring en -kennis het nie.

Persone wat van SAL se dienste gebruik gaan maak op Vrydag 15 November 2019 is aangeraai om alternatiewe reëlings te tref.