Stad Sydney oortrek met rookwolke

Onbeheerde bosbrande in Australië het oor ’n groot gebied verwoesting gesaai, wat ook ’n massiewe rookwolk oor Sydney gebring het.

Die owerhede het mense versoek om binnenshuis te bly en liefs nie deur en vensters oop te los nie, aangesien die verstikkende rook ook fyn stukkies uitgebrande gras en blare dra wat groot besoedeling kan meebring.

Die rookwolke oor die stad is afkomstig ban naby geleë bosbrande wat steeds onbeheersd voortwoed in die winderige, snikhete klimaat.

Die brande het lugbesoedeling veroorsaak wat dur die owerheid as “uiters gevaarlik” beskry is, en mense is versoek om die inaseming daarvan so vêr moontlik te vermy.

Geneeskundiges sê mense moet verkieslik nie buite rond beweeg nie, en moet hulle huisdokter besoek indien simptome van seer oë, neus en keel irritasies ondervind word.

Die brande in New South Wales en Queensland duur nou reeds weke en vrywilligers help om die brande te bestry, maar dit lyk of hulle nie die stryd kan wen weens die winderige, wolklose dae met hoë temperatuur nie.