Staat skuld munisipaliteite miljarde Rand

Nadat deeglike ondersoek gedoen is, is bevind dat die bankrot Suid-Afrika se staatskas eintlik lankal leeg is, en nou raak dit bekend dat die staat se verskuldigde bedrag aan munisipaliteite R165 miljard beloop.

Om dit nog erge te maak, moet in ag geneem word dat die bedrag geldig is vir tot en met einde Junie vanjaar.

Ekonomiese adviseurs sê dit verklaar enersyds waarom die munisipaliteite nie hulle Eskom en Waterraad rekeninge kan betaal nie.

Meningsvormers reken die munisipaliteite het die volste reg om die staat se krag af te sny op plaaslike munisipale vlak.

Die mening is uitgespreek dat die ANC president sal moet begin deur sy eie huis in orde te kry en sy verpligtinge begin nakom en munisipaliteite betaal wat hulle toekom, want dit kan weer lei tot verligting by Eskom.

Salga het bevestig dat munisipaliteite sowat R25 miljard aan Eskom verskuldig is, plus R15 miljard aan water wat verbruik is.