Sri Lanka se nuwe president omstrede

Die nuut verkose orsident van Sri Lanka, Gotabaya Rajapaksa, het in omstredenheid verval nadat hy sy eie broer aangewys het as die land se nuwe Minister van Finansies.

Mahinda Rajapaksa is die huidige Eerste Minister van die tussentydse regering in die land, maar sal eersdaags in die nuwe regering die amp van Minister van Finansies beklee.

Mahinda Rajapaksa was ook voorheen president van Sri Lanka, maar het nou deur middel van sy broer wat president is, die amp om ook die portefeulje van Ekonomiese Beleid Ontwikkeling te beklee.

Hy het vroeër die ampte an Minister van Kulturele en Geloof Sake gehad, sowel as Stedelike Ontwikkeling, maar het selde goeie resultate gelewer in enige van die verskeie portefeuljes.