Spesiale Verteenwoordiger vir Noord-Korea genomineer

Stephen Biegun

President Donald Trump het die VSA se Spesiale Verteenwoordiger vir Noord-Korea genomineer, en ’n besonder sterk persoonlikheid vir die amp aangewys.

Stephen Biegun word in allerweë in die VSA gerespekteer vir sy kennis en vermoë met buitelandse politieke aangeleenthede en as veteraan op die terrein word hy beskou as die ideale persoon vir die taak.

Hy sal in die hoedanigheid as adjunkminister van Buitelandse Sake die spesiale opdrag kry om alle aangeleenthede met Noord-Korea te behartig.

Stephen Biegun vervang John Sullivan wat reds genomineer is as die volgende ambassadeur in Rusland.

Die moontlikheid is genoem dat die huidige Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo mag besluit om in 2020 te staan as kandidaat vir die Senaat, wat sal meebring dat Stephen Biegun die aangewese opvolger kan wees.