Spaanse kandidate veg oor Katalonië

Die vyf grootste politieke partye in Spanje se leiers het mekaar sterk teengestaan op die vooraand van die algemene verkiesing wat die naweek gehou word.

Die vyf kandidate wat almal in die wedloop is om die land se nuwe Eerste Minister te word, het mekaar opgedreun oor die toekoms van Katalonië tydens ’n TV debat.

Spanje hou die naweek sy vierde algemene verkiesing in die afgelope vier jaar, en politieke ontleders sê daar bestaan weinig twyfel oor die uitkoms van die stemming.

Die verwagting is dat die uitslag min sal verskil teenoor dit wat in die vorige verkiesing behaal is, wat beteken dat geen party ’n volstrekte meerderheid sal behaal nie, en dat die sosialiste weer die grootste aantal stemme sal trek, en waarskynlik ’n minderheidsregering sal saamstel.

Die Sosialistiese Werkersparty van die waarnemende premier, Pedro Sanchez, kan weer die grootste steun kry, met die konserwatiewe Volksparty in die tweede plek.

Geeneen van die kandidate was bereid om te voldoen aan die eis van die separatiste in Katalonië nie, en het wye draaie geloop om die moontlikheid dat die welvarendste deel van Spanje afgeskei word as onafhanklike staat.