Soedan in hewige protes vasgevang

Woelinge in Soedan het weer opgevlam en die protesteerders het selfs in groot getalle binne en bo-op ’n trein stelling ingeneem om hulle boodskap oor te dra.

Die stryd gaan steeds oor die moontlikheid van ’n oorgangsregering wat saamgestel word uit die huidige militêre regering en die burgerlikes.

Abdelaziz Abdallah, die leier van die burgerlikes, sê die revolusie wat deur die burgery gedryf word, gaan veel ernstiger word as wat tot hede ondervind is.

Veterane wat vir die spoorweë werk, het hulle leier in die vakbondwese betrek om die werkersklas te mobiliseer teen die militêre regering.

Die protesteerders is glo besig om werkers regoor die land bewus te maak van hulle swak salarisse en uitermatige swak werksomstandighede.

Die spoorweg personeel is van die laags besoldigde staatsamptenare van die Soedan, en kry slegs sowat R380 per maand.