Sjina waarsku VSA oor Suid See gebied

Wei Fenghe  

Spanning tussen Sjina en die VSA het verder verhoog nadat die kommunistiese land ’n beroep gedoen het op die VSA om te stop met sy spiere bult in die Sjinese Suid See, en moet ook ophou om onsekerhede te veroorsaak met sy optrede teenoor Taiwan.

Die uitlatings deur die Sjinese Minister van Verdediging, Wei Fenghe, is aan die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, oorgedra.

Die Sjinese minister se aanval kom nadat Amerika herhaaldelik sy ontevredenheid uitgespreek het oor Sjina se onwettige oprigting van kunsmatige eilande in die Suid See, wat ’n belangrike handelsroete vir skepe van die wêreld is.

Twee weke gelede het die Amerikaanse Wit Huis die Sjinese regering gekritiseer oor sy “intimidasie” in die Suid See gebied wat ’n besige handelsroete is.

Die Sjinese Minister van Verdediging het die aanval op sy Amerikaanse eweknie gedoen tydens hulle vergadering in Bangkok wat agter geslote deure gehou is.

Die Amerikaanse minister het egter gewaarsku dat Sjina besig is om die Sjinese Suid See te militariseer en daarmee intimideer hy die naburige lande in Asië.

Die VSA het onlangs ’n bestelling van wapens vir Taiwan goedgekeur tot verontwaardiging van Sjina, en moes ook toekyk hoe die VSA die nuwe seegebied van Sjina ignoreer en met oorlogskepe deur die seegebied vaar.